Lichtenstrasser vonnisverhoor (weer) uitgestel

Die moordenaar Ernst Lichtenstrasser sal weer op 25 April in die hof verskyn. Daar word sedert sy skuldigbevinding vroeg in November gepoog om vonnisverrigtinge te hou maar dit word herhaaldelik vertraag deur Lichtenstrasser wat of regslui afdank, of siek is, met selfs ‘n selfmoordpoging, en nou ‘n eetstaking. Regter Christie Liebenberg het die gevangenis se mediese beampte hof toe geroep. Jona Jona het die regter ingelig dat Lichtenstrasser weer sal eet as hy uitstel kry om nuwe regsverteenwoordiging te bekom en voor te berei. Die 62-jarige is blykbaar baie swak. Dus is die saak uitgestel tot 25 April.