Lichtenstrasser vertraag weer verrigtinge, nou op eetstaking
Moordenaar Ernst Lichtenstrasser wend alles in die stryd om voort te gaan met sy voorverhoor vir vonnisoplegging nie. Vandag, voor regter Christie Liebenberg het die 62-jarige gesê hy is sedert die begin van Maart op ‘n eetstaking en sê hy is nie gereed om voort te gaan nie. Lichtenstrasser is skuldig bevind van die moord op Ekhard Mueller en Heimo Hellwig by Nimt op Arandis in April 2019. Hy is vroeg in November verlede jaar skuldig bevind en het daarna selfmoord gepoog en is later medies ongeskik verklaar vir die verhoor om voort te gaan. Dit was uiteindelik tot einde Januarie uitgestel en weer uitgestel tot vandag.