Lichtenstrasser sal moet sit

Die veroordeelde moordenaar Ernst Lichtenstrasser sal sy vonnis moet uitdien. Dit kom na sy tweede aansoek om verlof tot appèl deur die hof van die hand gewys is omdat daar geen redelike vooruitsigte vir sukses in die hooggeregshof is nie. Regter Christie Liebenberg het op 6 Junie sy eerste ‘n aansoek van die rol geskrap en het bevind dit was gebrekkig. Liebenberg het Lichtenstrasser op 29 April twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moorde van Eckhard Mueller en Helmo Hellwig in 2019. Hy is nóg 16 jaar tronkstraf opgelê in verband met ses ander klagte.