Libiese soldate: Binnelandse sake sal seker maak oppergesag van reg word gehandhaaf

Die buurland se minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement beplan om die oppergesag van die reg in die land te herstel na die arrestasie van 95 Libiërs by ‘n onwettige militêre opleidingsbasis in Witriver, Mpumalanga. Die woordvoerder van die departement, Siya Qosa, sê na ‘n groot gesamentlike operasie van Binnelandse Sake, die polisie en ander wetstoepassingsowerhede, is die departement gereed om toe te sien dat enigiemand wat die immigrasiewette oortree, in die hof vervolg word.