Libië sukkel met vervalste geld

Onwettige Libiese banknote is vir regte dollars omgeruil en het bygedra tot die devaluering van die dinar. Volgens berigte is sommige note vanjaar deur Rusland gedruk en na Oos-Libië uitgevoer, terwyl ander onwettig in Libië gedruk is. Die nuwe banknote is deur die Sentrale Bank van Libië as vals beskryf, maar dit is reeds in sirkulasie met van die geld wat gebruik is om infrastruktuurprojekte in die ooste te finansier ná verlede jaar se verwoestende vloede. Die geld word ook gebruik word om Russiese huursoldaataktiwiteite in Libië en die Sahel te finansier.