Libië se sentrale bank staak bedrywighede na ontvoering
Libië se Tripoli-gebaseerde sentrale bank sê hy sal alle bedrywighede staak totdat ‘n senior bankamptenaar wat Sondag ontvoer is, vrygelaat is. Die sentrale bank is die enigste internasionaal erkende bewaarplek vir Libiese olie-inkomste. Die fondse is noodsaaklik vir die Libiese ekonomie. Die bank sê die hoof van sy inligtingstegnologie-departement, Musaab Muslam, is deur onbekende partye ontvoer. Hy sê ander bankamptenare is ook gedreig en daarom sal hy geen werk doen nie totdat “hierdie praktyke gestaak word en die betrokke owerhede ingryp”.