Libië: Rooikruis vra N$188m in hulp

Die Internasionale Komitee van die Rooikruis vra 188 miljoen Namibiese dollar om mense wat deur die vloede in Libië geraak word, oor die volgende twee maande te help. Meer as 5 300 mense is in die oorstromings dood, meer as tienduisend word vermis, met minstens 30 000 ontheemdes in die stad Derna alleen. Internasionale hulp kom uit lande wat histories met Libië verbind word, onder andere Turkye, die Verenigde Arabiese Emirate en Egipte. Die Rooi Kruis sê hy vrees die geleentheid om mense uit die puin te red, gaan vinnig kleiner word en daar word bespiegel dat die dodetal net in Derna tot 20 000 kan styg.