Liberiese president sny salarisse met 40%

Liberië se president, Joseph Boakai, het ‘n salarisverlaging van 40-persent aangekondig om ‘n presedent te skep vir verantwoordelike staatsbestuur en om armoede en korrupsie teen te werk. Hy is in Januarie ingehuldig vir ‘n termyn van ses-jaar, en het sy jaarlikse salaris verlaag van 243- 000 Namibiese dollar tot net meer as 145 000. Boakai se besluit weerspieël sy verbintenis tot die verbetering van lewensomstandighede, die versterking van regerings-aanspreeklikheid, en om solidariteit met sy mense te betoon. Liberië is een van die armste lande en meer as die helfte van die bevolking leef in armoede.