Liberië kry (uiteindelik) oorlogsmisdaadhof

Liberië se senaat het die instelling van ‘n oorlogsmisdaadhof goedgekeur. Die hof sal geregtigheid bring aan slagoffers van ernstige misbruik wat tydens die land se twee burgeroorloë gepleeg is. President Joseph Boakai het die resolusie voorgestel. Die stap is verwelkom deur aktiviste en groepe in die burgerlike samelewing wat gevra het vir meer aanspreeklikheid vir misdade wat tydens twee burgeroorloë tussen 1989 en 2003 gepleeg is. Ongeveer 250 000 mense is dood in konflikte wat slagtings, verkragting en die gebruik van kindersoldate ingesluit het.