Libbok verleng kontrak met Stormers tot 2027

Rugby: Die Wêreldbeker-wenner, Manie Libbok, het ‘n kontrakverlenging van drie-jaar met die Stormers gesluit. Die talentvolle speler het die afgelope drie-jaar ‘n groot indruk gemaak in die nommer 10-trui en sal aanhou om die toutjies te trek. Hy sluit aan by spanmaats Sacha Feinberg-Mngomezulu, Dan du Plessis, Ruben van Heerden en Evan Roos, wat ook daartoe verbind het om tot 2027 in Kaapstad te bly. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê om Libbok vir nog drie-jaar in die groep te hê, is ‘n reuse-aanwins.