Libanon-wapenstilstand word bespreek
Senior Amerikaanse amptenare gaan hul Israeliese eweknieë ontmoet om ‘n moontlike ooreenkoms te bespreek om die konflik in Libanon te beëindig. Dit kom na Hamas afsonderlike wapenstilstandplanne vir Gaza verwerp het, waar Israeliese aanvalle voortduur. Volgens Israeliese mediaberigte sal Hezbollah-magte volgens die Amerikaanse plan sowat 30km van die grens met Israel terugtrek. Israeliese magte sal aan Libanon onttrek en die Libanese weermag sal beheer van die grens neem, saam met VN-vredesmagte. Libanon sal verantwoordelik wees om te verhoed dat Hezbollah homself met ingevoerde wapens herbewapen.