Libanon: Burgerlikes moet bygestaan word

Libanon se eerste minister, Najib Mikati, sê sy land staan voor een van die gevaarlikste fases in sy geskiedenis. Intense Israeli-aanvalle het meer as ʼn 1 000 lewens geëis en tot ʼn miljoen mense verplaas. Israel het ’n grondaanval in die suide van Libanon begin. Hy beskryf dit as beperk in omvang en op Hezbollah gemik. Die Iran-ondersteunde militante groep steier na die dood van sy leier, Hassan Nasrallah. Mikati vra meer hulp om basiese ondersteuning aan ontheemde burgerlikes te bied.