Libanese skoonpa van Trump se dogter praat oor Trump, Midde-Ooste

Massad Boulos, die skoonpa van Donald Trump se dogter Tiffany, is ‘n ondersteuner van Trump maar is van Libanese afkoms. In ‘n uitgebreide onderhoud met Sky News het Boulos gereageer op ‘n vraag oor Israel se voortgesette aanvalle in sy tuisland, veral omdat Trump ‘n ondersteuner van Israel is. Hy sê Trump soek eenvoudig vrede en as hy president was, was daar vrede.