Liam Payne se kamer verwoes, vol dwelms, drank

Die eerste foto’s van Liam Payne se hotelkamer is in media in Buenos Aires, Argentinië, gepubliseer. Payne, ‘n lid van die destydse One Direction, is Woensdag in ‘n hotel in die stad dood na hy van die derde verdieping geval het. Die meubels en die televisie in die kamer is erg beskadig en daar is tekens van drank- dwelmmisbruik. Owerhede is ontbied deur die hotelbestuur nog voor Payne geval het as gevolg van die geraas en vrese vir sy, en ander gaste se veiligheid. ‘n Whiskeybottel, selfoon en sigaretaansteker is by sy liggaam gevind. Hy was 31.