Liam Berry neem oor as Aussie-sewesafrigter
Die voormalige All Blacks-flank. Liam Berry, hoop om as nuwe hoofafrigter van die Australiese Sewesspan te verbeter op die span se vierde plek by die Olimpiese Spele in Parys. Hy volg John Manenti op wat in Augustus bedank het. Die drie-en-vyftigjarige Berry se pa, Kevin, en oupa, Edward, het ook toetsrugby vir Nieu-Seeland gespeel. Hy was hulpafrigter vir die All Blacks se Sewesspan voordat hy verskuif het na die afdeling vir hoëprestasiesport in Nieu-Seeland. Volgens Berry wil hy nie die sport van vooraf ontwikkel nie maar eerder voortbou op wat reeds bestaan.