Lewis Hamilton spring vandag in die voorste plek weg

MOTORSPORT: Lewis Hamilton in ‘n Mercedes spring vanmiddag in die voorste plek weg in die eerste Grand Prix in Katar. Max Verstappen van Red Bull is in die tweede plek, gevolg deur Hamilton se spanmaat, Valtteri Bottas. Verstappen het tans ‘n voorsprong van 14 punte op die punteleer.