Lewer kommentaar op akwifer-besoedeling!
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of Sauma, sê hulle het per toeval uitgevind dat ‘n omgewingsimpakstudie vir in situ loging van uraan vir ‘n proefaanleg op die plaas Tripoli, op die webwerf van die omgewingsministerie gelaai is. Die venster vir kommentaar deur die publiek sluit om 12-uur die middag op Dinsdag, 23 Januarie 2024. Sou die ministerie die studie aanvaar, sal ‘n omgewingsklaringsertifikaat uitgereik word en toetsmynbou kan begin – wat beteken dat suur in die grondwaterakwifeer gebruik kan word vir vier jaar. Die akwifeer verskaf drinkwater aan die gebied. Die vereniging sê dit blyk dat omgewingswetgewing in ‘n aantal gevalle nie gevolg is nie. Nie die belanghebbendes of geaffekteerde partye is byvoorbeeld in kennis gestel dat die dokumente ingedien is nie. Die vereniging vra dat indien besoedelde grondwater mense raak, hul moet kommentaar lewer op die ministerie se webblad.