Lewer gou uitspraak oor Zuma: SA Verkiesingskommissie

Die Verkiesingskommissie vra die Konstitusionele Hof om dringend uitspraak te lewer oor die leier van die MK-party, Jacob Zuma, se geskiktheid om die parlement te dien, en wys daarop die verkiesing is om die draai. Die OVK waarsku oor ‘n moontlike geskil oor die uitslae as Zuma ondanks diskwalifisering sou staan, wat die grondwetlike orde kan ondermyn. Die OVK se regsverteenwoordiger, Tembeka Ngcukaitobi, betoog die Verkiesingshof het fouteer deur Zuma se kandidatuur te aanvaar, want die OVK is verplig om kandidate se geskiktheid vir die Nasionale Vergadering te bepaal.