Lewensles – Gee jou bib-boek terug!

‘n Biblioteek in New York sê ‘n pakkie wat onlangs van Virginia af aangekom het, het ‘n reuse-verrassing bevat – ‘n agterstallige boek wat in 1933 uitgeneem is. Die Larchmont Openbare Biblioteek sê die boek, Youth and Two Other Stories deur Joseph Conrad, is na die fasiliteit gepos deur Joanie Morgan, wat die boek tussen haar stiefpa se besittings gevind het. Die boek moes op 11 Oktober 1933 teruggewees het, en is teruggestuur net-net kort om ‘n volle 90 jaar agterstallig te wees. Amptenare sê die boek kon ‘n boete van meer as US$6 400 opgebou het teen die 20 sent-per-dag-koers, maar boetes is beperk tot US$5.

Foto: Larchmont Openbare Biblioteek