Lesotho-weermag ‘betree’ politiek

Die bevelvoerders van die drie vleuels van Lesotho se veiligheidsmagte sê dat hulle die regering van premier Sam Matekane sal verdedig teen ‘n wantroue-mosie deur die opposisie. Dit dui in wese op die terugkeer van die weermag na die politiek, wat ‘n reputasie het om staatsgrepe in Lesotho aan te voer. In ‘n gesamentlike verklaring sê die hoofde Lesotho sal nie terugval in politieke onstabiliteit nie en hulle word as weermaghoofde deur die Grondwet opdrag gegee om nasionale veiligheid te handhaaf.