Lesotho stel projek bekend vir veiliger werkplek

Lesotho se minister van Indiensneming en Arbeid, Tšeliso Mokhosi, het ‘n multi-miljoen Amerikaanse dollar projek van stapel gestuur om beroepsveiligheid en gesondheid in Lesotho se informele ekonomie te verbeter. Mokhosi sê dit voorkom die nie-nakoming van arbeidswette en skep ‘n veiliger werksomgewing. Die projek verseker bestendigheid in die arbeidsektor en verbeter bewustheid van arbeidsregte onder werknemers en werkgewers.