Lesotho se Matekane vergader met Musk oor Starlink
Terwyl Namibië nog wag om te hoor oor insette oor Starlink se moontlike toetrede na die land, het die eerste minister van Lesotho Sam Matekane vandag met Elon Musk vergader om die bevordering van konnektiwiteit in Lesotho te bespreek. Volgens Matekane is sy regering daartoe verbind om innoverende oplossings te ondersoek om internettoegang te verbeter en die digitale kloof vir landsburgers te oorbrug. Starlink het reeds sy toetrede tot Botswana gemaak. Die kwessie plaaslik is die feit dat Starlink 100 persent in buitelandse besit is. Lynminister Emma Theofelus het insette van diensverskaffers in die verband aangevra.