Lesotho Hoogland-waterprojek se tonnels sluit vir 6 maande

Die adjunkminister van Water en Sanitasie David Mahlobo het aangekondig die Lesotho Hoogland-waterprojek se tonnels sal van 1 Oktober tot 31 Maart 2025 gesluit wees vir onderhoud en herstelwek. Die sluiting raak die Vrystaat, Mpumalanga, dele van Gauteng en Noordwes. Die minister gee die versekering maatreëls is ingestel om voldoende watervoorraad te verseker en moedig gemeenskappe aan om water te bespaar.