Lenings met wanbetalings neem toe

Die toename in lenings waar wanbetalings vir ‘n minimum van 90 dae plaasgevind het, wek kommer en weerspieël die druk op huishoudings en besighede. In sy jongste ekonomiese oorsig vir die laaste kwartaal van 2023, sê die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing dat die persentasie van die lenings weer gestyg het en amper 6 persent van alle lenings beslaan. Tien jaar gelede het die syfer op net meer as 1,5 persent gestaan. Wanbetaling het in die derde kwartaal ‘n hoogtepunt bereik met 7 persent van alle lenings wat nie betaal word nie.