Lelike aantygings teen Israel se weermag

Die Israeliese weermag se bombardemente van Gaza het ‘n voorheen onbekende KI-aangedrewe databasis, genaamd Lavender, gebruik wat 37 000 potensiële teikens geïdentifiseer het op grond van hul oënskynlike skakels met Hamas. Dit is volgens ses Israeliese intelligensiebronne wat by die oorlog betrokke was. Hulle beweer dat Israeliese militêre amptenare toegelaat het dat groot getalle Palestynse burgerlikes doodgemaak word. Die intelligensiebeamptes se getuienis is aan die joernalis Yuval Abraham gegee vir ‘n verslag wat deur die Israelies-Palestynse publikasie +972 Magazine en die Hebreeuse publikasie Local Call gepubliseer is.