Lelike aantygings teen Gaetz 

Twee vroue het voor die Amerikaanse Huis se etiekkomitee getuig die gewese Republikeinse kongreslid, Matt Gaetz, het hulle vir seksuele gunsies betaal. Dit is volgens hulle prokureur, Joel Leppard. Gaetz, wat die bewerings ontken, is deur verkose president Donald Trump gekies om in sy tweede administrasie as prokureur-generaal te dien. Leppard sê in ʼn onderhoud met CBS, een van die vroue het getuig sy het in 2017 gesien hoe Gaetz by ʼn huispartytjie seks het met ʼn 17-jarige meisie: