Lekkers of kos vir seks – waar is die ouers?

‘n 28-jarige man is by Ontunda in die Oshikoto-streek gearresteer vir die herhaalde verkragting van ‘n 14-jarige meisie. Hy het haar glo herhaaldelik in ‘n lokval gelei deur haar lekkers, koekies en geld van tussen 5 en 7 dollar aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige ombudsman advokaat John Walters oor die voorvalle van minderjarige meisies wat dikwels deur beloftes van lekkers of kos gelok word. Walters het ernstige kommer oor dié uitbuiting uitgespreek.