Lekker boerie-braai by Murrayfield môre
Bok-ondersteuners wat môre se rugbytoets tussen die Springbokke en Skotland in Edinburgh bywoon, sal dink hulle is by die huis wanneer hulle begroet word met die geur van boerewors wat gebraai word. Die Suid-Afrikaanse slagter Markus Homola leef sy droom uit in die Skotse hoofstad in sy winkel, John Brash Family Butcher, net om die draai van Murrayfield. Homola het in 2009 na Brittanje immigreer en die winkel in 2019 by Brash gekoop. Hy sê hy bly so verbind met die land wat hy so mis.