Leinster bied miljoene vir RG Snyman aan

Die Ierse reuse, Leinster, het na berig word ʼn multi-miljoen dollar aanbod aan die dubbele Wêreldbeker-wenner, RG Snyman, gemaak. Munster het verlede maand bekend gemaak die 28-jarige se verblyf in Limerick sou binnekort eindig omdat hulle nie sy kontrak kon verleng nie. Volgens RugbyPass is Leinster nou bereid om hom ʼn kontrak van 10 miljoen Namibiese dollar aan te bied. In Frankryk is vroeër berig die Springbok-slot het ʼn transaksie aanvaar om by Bath aan te sluit, terwyl daar ook bespiegelings was dat hy na die Stormers op pad was.