Leierskaps-vakuum: Swapo sal wel sy pad vind

Die dood van president Hage Geingob het ‘n nuwe leierskapwedloop binne Swapo laat ontstaan wat ‘n herkonfigurasie van sleutel-partyrolle veroorsaak het, insluitend dié van vise-president en president. Verlede week het Swapo se politburo ‘n vergadering gehou om ’n koers vir die party se toekoms uit te stippel en om vir die verkiesing van ’n nuwe Swapo-president voor te berei. Die politieke kommentator, Charles Mubita, het met die nasionale uitsaaier gepraat en gesê die party sal wel in terme van sy strukture ‘n weg vorentoe vind.