Leiers ‘moet saam werkloosheid aanspreek’

Die uitslae vir gewonevlak leerders was vanjaar effe beter as in 2022 en 29 persent van die leerders kwalifiseer vir tersiêre instellings, teenoor 20 persent verlede jaar. Daar het egter net 48,8 persent gewonevlak leerders geslaag, met ‘n minimum van 20 punte. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond vir Namibiese Werkers, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor of daar werk is vir almal wat nie gaan studeer nie. Hy sê dit is hoog tyd dat al die leiers in die land bymekaarkom om die werkloosheid-probleem op te los.