Legendariese Roger Whittaker sterf
Die Britse sanger Roger Whittaker is oorlede. Hy was 87. Whittaker het ‘n baie lang en suksesvolle loopbaan gehad met treffers wat insluit, I don’t believe in if anymore, Durham Town, Streets of London en meer. Hy was ook bekend vir sy vernuf om te fluit en het talle komposisies so opgeneem. Hy en sy vrou Natalie, met wie hy 50 jaar getroud was, het in 2012 in Frankryk afgetree. Hy het in 2014 met die BBC gesels oor sy musiek, wat altyd ‘n mens laat glimlag.