Legendariese Dame Edna (89) oorledeApril 23, 2023
Die Australiese komediant, skrywer en akteur, Barry Humphries is Saterdag in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Humpries was veral bekend vir sy alter-ego, die aweregse Dame Edna. Sy loopbaan het meer as sewe dekades gestrek. Hy is vroeër die week in die hospitaal opgeneem, toe hy ‘n terugslag beleef het ná ‘n heup-operasie.