LEFA slaan Google kontrak los om land op die kaart te sit

Die bekende Windhoekse passasiers-vervoerdiens LEFA Transportation Services het ‘n kontrak met die globale tegnologiereus Google losgeslaan om die land in detail af te neem en te karteer. Die projek sal op Google Street View vertoon word. Google Street View is ‘n kenmerk van Google Maps en Google Earth wat panoramiese, 360-grade beelde van strate, paaie en liggings in verskeie dele van die wêreld verskaf. Kalipi Aluvilu, die medestigter en bedryfsbestuurder by LEFA Transportation Services het meer oor die projek met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.