Leeus verloor weer, 8ste keer

Die Leeus is steeds oorwinning-loos na agt wedstryde in vanjaar se Curriebekerreeks. Die Johannesburgse span het gister met 23-17 teen Griekwas verloor. Die Leeus het tekens van verbetering getoon, maar dit was nie genoeg teen die taai spelers uit Kimberley nie. Die besoekers was rustyd 13-3 voor. Westelike Provinsie speel vandag teen die Cheetahs in die naweek se enigste ander Curriebeker-botsing. Die wedstryd skop om kwart-voor-drie vanmiddag af. Die kragmeting tussen die Haaie en die Bulle in Durban is weens die oorstromings afgelas.