Leeus is vol vertroue vir hul kragmeting teen die Haaie

Die Leeus is die naweek weer in aksie in die Verenigde Rugby-kampioenskap met ‘n plaaslike derby in Durban teen die Haaie. Die span van Johannesburg is in die 12de posisie op 19 punte, maar het twee wedstryde minder gespeel nadat hulle feestyd-derbywedstryde uitgestel is. Die Leeus het laas in 2017 in Durban gewen, maar die hulpafrigter, Ricardo Laubscher, is vol vertroue hulle kan die beskikbare punte insamel as hulle die wedstrydplan doeltreffend uitvoer: