Leeus in Zim gestroop vir rituele doeleindes

In wat dalk die eerste keer is dat Zimbabwe se Hwange Nasionale Park stropery vir rituele doeleindes ervaar het, is drie leeus doodgeskiet voordat hulle koppe en pote afgesny is. ZimParks sê die stropers het hulle met ’n swaarkaliber-geweer geskiet en die motief kan rituele wees vanweë die manier waarop dit gedoen is. Die voorval kom namate ZimParks ‘n toename in mens-dier-konflik rapporteer, met droogte wat landbouproduksie tref en olifante, leeus en die ander groot vyf diere het weggedwaal na menslike nedersettings op soek na kos en water.