Leeus en Haaie speel in Curriebeker eindstryd vandag

Die Curriebekertoernooi sal vandag in Johannesburg ‘n opwindende einde bereik wanneer die Leeus en die Haaie mekaar die eerste sedert 2011 in die eindstryd pak. Die Hoëvelders gaan probeer om die gesogte trofee vir die eerste keer sedert 2015 in te palm. Dit is ook die eerste keer sedert 2021 dat die Durbaniete weer in ’n eindstryd speel. Hulle laaste oorwinning in ‘n Curriebeker-eindstryd was in 2018 toe hulle die Westelike Provinsie verslaan het. Afskop is vanmiddag om vier.