Leerders se wapens was vir skoolprojek

Laerskool-leerlinge in Ohangwena het hul eie wapens gemaak wat lewendige ammunisie gebruik. Die jongste berigte dui aan dat 16 leerders tussen die ouderdomme van agt en 18 betrokke is. Die kinders gebruik glo die tuisgemaakte gewere om voëls en klein diere te jag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, wat die situasie verduidelik.