Leerder, sekretaresse kry borg

Die graad 9-leerder van die Oneheke Gekombineerde Skool en ‘n 31-jarige sekretaresse by die Leinge Privaatskool in die Omusati-streek wat in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering eksamenvraestelle en memorandums gesteel het, is borg van 1 000 Namibiese dollar elk toegestaan. Die leerder, wat nie geïdentifiseer mag word nie, en Hango Salom, die sekretaresse, het vlugtig in die Outapi landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel na 26 Februarie.