Leerder-onderwyser verhouding: Kavango Oos het 60 in ‘n klas
Terwyl die onderwysministerie aanpassings aan sy leerder-onderwyser verhouding aangekondig het, is daar steeds regoor die land talle uitdagings in die verband. Die Namibiese studente-organisasie Nanso het besoek in die Kavango Oos-streek afgelê en sê daar is 74 000 leerders wat op skool moet wees met ‘n erge tekort aan infrastruktuur. Sommige skole het tot 60 leerders in ‘n klas en daar is steeds 1 000 leerders wat wag op plekke vir die huidige akademiese jaar. Intussen sê die minsiterie dat daar besluit is dat pre-primêre skole by die 25 leerders tot ‘n onderwyser-verhouding moet hou, terwyl junior primêr van graad een tot vier by 35 leerders per onderwyser sal hou. Senior primêr en sekondêr van graad vyf tot 12, sal 40 leerders per onderwyser by alle staatskole regoor die land huisves.