Leerder in Gautengse skool met mes doodgesteek

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane sê gemeenskappe moet hulle deel doel om skole en leerders in hulle gemeenskappe te beskerm. Chiloane het vandag besoek gebring aan die Sekondêre Skool Geluksdal in Brakpan en het gesê onderwysers moet ook verantwoordelikheid aanvaar aangesien die leerders in hulle sorg gelaat is. Drie leerders het na bewering in ʼn geveg betrokke geraak waarop een leerder ʼn ander een met pepersproei gespuit het en dit het daartoe gelei dat ʼn graad tien-leerder met ʼn mes doodgesteek is. Die LUR sê ook rassespanning mag nie in skole geduld word nie.