Leemtes in ANC se planne om energiekrisis volhoubaar te hanteer
Die GOOD Party sê die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, se vorderingsverslag aan die Parlement beklemtoon leemtes in die planne om die energiekrisis op ʼn omvattende en volhoubare manier te hanteer. Die minister beraam meer as 390 miljard Suid-Afrikaanse rand sal die volgende dekade nodig wees om aan die vraag na netwerkkapasiteit te voldoen. Dit word grootliks toegeskryf aan die toename in opwekkingsvermoë deur hernubare energieprojekte. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Suid-Afrika moet die riglyne volg soos in die meesterplan vir hernubare energie uiteengesit is: