Leefbare loon in plaas van minimumloon

Die onlangse goedkeuring van ‘n nasionale minimum loon van 18 Namibiese dollar per uur deur die kabinet, onder leiding van arbeidminister Utoni Nujoma, word onder die loep geneem terwyl arbeidskenners die doeltreffendheid daarvan bevraagteken. Die besluit, wat in Januarie volgende jaar in werking sal tree, sluit ‘n hersieningstydperk van twee jaar in. Sektore soos die Namibiese Landbou-unie se Landbouwerkgewersvereniging maak egter sterk beswaar teen die nuwe minimumloon, met verwysing na unieke faktore soos behuising en voorsiening vir lewensbehoeftes binne die sektor. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê daar was talle besprekings vir ‘n leefbare loon in teenstelling met ‘n minimumloon.

Parkhouse bevraagteken hoe die regering sal beheer dat werkers in die informele sektor die regte bedrag betaal word. Namibië se informele sektor is die land se grootste werkgewer en dit kan nie in gevaar gestel word nie.