Leë beloftes in manifeste ‘weens gebrek aan leiers’

Die United Democratic Front het die naweek sy manifes vrygestel, wat soos elke ander party behuising en werkverskaffing belowe. Dit beloof verder gesubsidieerde water en elektrisiteit, en ‘n 500 Namibiese dollar basiese inkomstetoelaag vir elke behoeftige Namibiër. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat oor politieke partye wat dieselfde beloftes maak, maar hulle sê nie hoe hulle daardie beloftes sal nakom nie. Kamwanyah sê die probleem is ons het politici, nie leiers nie.