Leclerc bly aan by Ferrari

Motorsport: Charles Leclerc het ʼn kontrak met Ferrari onderteken dat hy ná die huidige Formule Een-seisoen by Ferrari sal aanbly. Die lengte van die nuwe kontrak is egter nie bevestig nie. Sedert hy in 2018 by Ferrari se F1-span aangesluit het, het Leclerc 23 voorste wegspringplekke en vyf oorwinnings behaal. Sy spanmaat, die Spanjaard Carlos Sainz, onderhandel steeds oor ʼn nuwe ooreenkoms aangesien sy kontrak aan die einde van die jaar verstryk.