Lê soos jy lag vandag
‘n Franse TV-program “C’est mon choix”, wys wat ‘n aansteeklike lag werklik is. Die video wys agt mense wat almal voor foto’s van ‘n dier of voorwerp sit wat skynbaar hulle unieke lag-styl verteenwoordig. Dit sluit in voëls, ‘n motor en ander voorwerpe. Een man se lag kan vergelyk word met ‘n motorenjin, terwyl die vrou langs hom se lag soos ‘n fiets-toeter klink. ‘n Ander vrou se lag is vergelykbaar met ‘n hoender, terwyl een gas se lag jou aan ‘n vark herinner.
Kyk en luister hier en lê soos jy lag: