Le Pen eis noodtoestand in Frankryk

Frankryk se verregse leier, Marine le Pen, doen ‘n beroep dat ‘n noodtoestand afgekondig word nadat landwye opstande reeds byna ‘n week lank voortsleep. Die oproer het ontstaan nadat die polisie ‘n tiener doodgeskiet het. Meer as vier-duisend mense is in hegtenis geneem en meer as 700 banke en winkels is beskadig. President Emmanuel Macron het met die betrokke kabinetsministers vergader in sy jongste poging om op die geweld te reageer. Le Pen sê die regering moet dringend optree om die onluste te beëindig.