Lavrov: Rusland is slagoffer van oorlog

Die Russiese minister van buitelandse Sake, Sergei Lavrov, het ‘n gehoor laat lag by ‘n internasionale konferensie in Indië waar hy gepoog het om sy land uit te beeld as die slagoffer in die oorlog in Oekraïne. Die konferensie het ‘n debat gevoer oor die belangrikste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar.  Lavrov het ook aangevoer Rusland probeer om die oorlog te beëindig. Hy het ‘n onderhoud afgesluit deur te vra hoekom die wêreld nie belangstel om uit te vind wat in Irak en Afghanistan aangaan nie. Lavrov het Suid-Afrika in Januarie besoek.