Lauren Dickason gaan 18 jaar tronk toe 

Lauren Dickason is tot 18 jaar tronkstraf deur regter Cameron Mander in Christchurch, Nieu-Seeland gevonnis. Mander sê die moord op haar drie kinders Liane, 6, en die twee-jarige tweeling Maya en Karla op 16 September 2021 was nie as gevolg van ‘n woedebui nie maar eerder as gevolg van haar geestestoestand. Sy sal eers in ‘n geestesgesondheidsfasiliteit aangehou word en moontlik daarna na ‘n gevangenis oorgeplaas word. Sy kom na ses jaar in aanmerking vir parool.